Die Springbokspan van 33 spelers en 22 bestuurslede vertrek laat vanmiddag van die OR Tambo-lughawe na Frankryk vir die Wêreldbekertoernooi wat volgende maand in Frankryk afskop. Honderde mense word by die lughawe verwag om die manne in groen en goud af te sien en voorspoed toe te wens. Die span sal 78 dae in Europa deurbring. Verskeie kunstenaars sal op ‘n verhoog by die korttermynparkeer-terrein, oorkant die internasionale aankoms-saal die skare vermaak. Robbie Wessels, Early B, Dr Victor and the Rasta Rebels, PJ Powers, Lloyd Cele, Good Luck en Bernice West is van die kunstenaars wat gaan optree, berig Maroela Media. Die spelers en afrigters sal omstreeks kwart oor twee op die verhoog verskyn en beskikbaar wees vir laaste selfies saam met ‘n paar gelukkige aanhangers.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×