Australië se manskrieketspan het hom aan die eendagreeks teen Afganistan onttrek uit protes teen enige verdere beperkings wat die Taliban op die regte van
vroue en meisies in Afganistan geplaas het.

Sport24 berig dié twee lande was veronderstel om einde Maart in ‘n reeks van drie eendagwedstryde in die Verenigde Arabiese Emirate te speel.

Die regerende Taliban het vroue verlede maand vebied om aan universiteite te studeer en meisies word sedert Maart verlede jaar nie toegelaat om hoërskool toe te gaan nie.

Hierbenewens is vroue en meisies nou ook parke en gimnasiums verbied.

Krieket Australië het sy besluit om te onttrek geneem ná hoëvlak-samesprekings met belanghebbendes, wat ook die Australiese regering insluit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×