LeandreAdmin@

Beurtkrag is vanoggend om nege hervat

Eskom het aangekondig dat fase 2 beurtkrag vanoggend om nege-uur hervat is om die impak van kragonderbrekings tydens die oggend-verkeerspiek te beperk. Dit sal dan tot tienuur vanaand van krag wees. Die kragvoorsiener sê ondanks sy beste pogings het hy nie voldoende vordering gemaak om die opskorting van beurtkrag moontlik te maak nie. Eskom herhaal […]Read More

Brandweerman wat positief toets vir Covid-19 sterf aan ‘n hartaanval

‘n Bloemfonteinse brandweerman wat werksaam was by die sentrale brandweerstasie in die stad en wat volgens Netwerk24 positief getoets het vir covid-19 is Vrydag oorlede, nadat hy Donderdag inmekaargesak het toe hy ‘n massiewe hartaanval,waarskynlik weens die virussiekte gehad het. Qondile Khedama, woordvoerder van die Mangaung Metro het in ‘n nuusverklaring gesê dat ‘n werknemer […]Read More

Met die naderende koue kan Bloemfonteiners die komende naweek deur

Met die naderende koue kan Bloemfonteiners die komende naweek deur beurtkrag verontrief word. Dit volg nadat Eskom aangekondig het dat Fase 2-beurtkrag tot vanaand tienuur ingestel word. Dit word gedoen om te verhoed dat die kragnetwerk in duie stort. Die kragverskaffer het die afgelope paar dae verskeie kragstasies uit die netwerk verloor, wat beteken dat […]Read More

Nog 129 mense sterf aan die koronavirus in Suid-Afrika

Die Departement van Gesondheid sê Suid-Afrika se Covid-19-dodetal staan nou op 3 720, nadat nog 129 sterftes aangemeld is. Altesaam 37 mense is beide in die Wes-Kaap en Gauteng oorlede, 28 in die Oos-Kaap, 26 in KwaZulu-Natal en een in die Noord-Kaap. Die departement sê die totale aantal sterfgevalle in Limpopo is 33 en nie […]Read More

ʼn Wapenopslagplek word in Somerset-Wes ontdek

Kaapstadse wetstoepassers het ‘n arsenaal vuurwapens, ammunisie en plofstof in Somerset-Wes ontdek. ‘n 67-jarige man is in hegtenis geneem. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê ‘n wenk het hulle na Briza Estate in die dorp gelei. Toe hulle ondersoek instel, het hulle op 16 gewere, vier pistole, ‘n aansienlike hoeveelheid ammunisie, 21 […]Read More

In die Vrystaat is meer as 30 staatsdiensgeboue in net

In die Vrystaat is meer as 30 staatsdiensgeboue in net meer as ‘n week weens COVID-19-infeksies gesluit. Van die persele is reeds meer as twee keer gesluit. Die polisiediens het die ergste deurgeloop met 16 polisiestasies en die polisie se hoofkantoor wat gesluit moes word nadat lede die virus opgedoen het. Die Vrystaat-regering se hoofkantoor […]Read More

Liggame word op hospitaalbeddens gelaat omdat lykshuise vol is

Liggame word volgens berigte oornag op beddens in die Dora Nginza-hospitaal in Port Elizabeth gelaat omdat lykshuise te vol is weens Covid-19. Die Oos-Kaapse gesondheid-stelsel is op die rand van ineenstorting. ‘n Dokter het aan The Herald gesê liggame word dae lank in lykshuise gelos omdat begrafnis-ondernemers weier om dit af te haal voor die […]Read More

Suid-Afrika tel onder die top 20 lande in die wêreld

Suid-Afrika tel onder die top 20 lande in die wêreld wat die meeste Corona-virusgevalle betref. Volgens die nuusdiens Reuters is Suid-Afrika dertiende op die lys, met Amerika steeds bo aan. Brasilië en Indië is onderskeidelik tweede en derde. Suid-Afrika is ‘n kortkop agter Italië en Pakistan. Meer as 12 miljoen mense het reeds die coronavirus […]Read More

Die Polisie se hoofkantoor in Bloemfontein is ook nou gesluit

Die Polisie se hoofkantoor in Bloemfontein is ook nou gesluit weens die Corona-virus. Dit volg nadat vier polisiestasies in die Vrystaat ook gesluit is. Netwerk24 berig dat die Metpol-gebou in die Rosestad ontsmet word nadat ‘n polisielid positief getoets het. Die Trompsburg, Deneysville, Harrismith en Vredefort polisiestasies in die Vrystaat is ook gesluit nadat personeel […]Read More

Daar is vanaand ‘n groot kans op beurtkrag

Eskom sê dit is hoogs waarskynlik dat beurtkrag vanaand ingestel sal word. Die kragvoorsiener sê een kragopwekkingseenheid by die Tutuka-kragstasie is buite werking terwyl ‘n ander eenheid van die rooster verwyder is en nog ‘n eenheid ook by Lethabo verwyder is. Die heraanskakeling van kragopwekkingseenhede by die Duvha- en Kendal-kragstasies is uitgestel. Eskom se woordvoerder, […]Read More