Armando

Vrystaat Gesondheidsdepartment sê skole, openbare byeenkomste en begrafnisse is super-verspreiders

Die Vrystaat se departement van Gesondheid het gesê skole, openbare byeenkomste en begrafnisse is super-verspreiders van die coronavirus. Dit kom nadat ‘n skool in Excelsior tydelik gesluit is nadat 32 leerlinge positief getoets het vir die virus. Die departement het verder ‘n beroep op inwoners gedoen om groot byeenkomste te vermy ten einde die verspreiding […]Read More

Ace Magashule en Bogani Bongo uit NUK-vergadering geskop

Die geskorste sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, sowel as ANC-LP, Bongani Bongo, is volgens berigte uit die vergadering van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee geskop. Magashule is verlede week geskors in ooreenstemming met die party se opsystaan-resolusie, hangende die aanklag van bedrog, korrupsie en geldwassery in verband met ‘n asbesdak-skandaal in die Vrystaat. […]Read More

Meer as 2000 nuwe Covid-19-gevalle aangemeld

Die getal Covid-19-infeksies het in die afgelope 24 uur in Suid-Afrika vir die vierde agtereenvolgende dag met meer as 2000 gestyg. In sy jongste verslag sê die departement van Gesondheid 2 191 nuwe gevalle is sedert die vorige verslagtydperd aangemeld, in dieselfde tydperk is 37 sterftes weens Covid-19-verwante oorsake, ook bevestig. Van die jongste sterftes […]Read More

Miljoene rande se water vermors in Bloemfontein

Volgens DA-Raadslid in die Mangaung Metro, Rossouw Botes, het daar in die afgelope drie boekjare in die Mangaung-metrogebied sowat R670-miljoen se skoon drinkwater verlore gegaan weens lekkasies en gebarste waterpype wat nie spoedig reggemaak is nie. Volgens Rossouw kom dié syfer van die ouditeur-generaal se verslae van die boekjare tussen 2017 en 2020. Netwerk24 berig […]Read More

Meer as 2 000 nuwe Covid-19-gevalle en 67 sterftes aangemeld

Vir die derde agtereenvolgende dag die week is daar meer as 2 000 nuwe Covid-19-infeksies in die land aangemeld. Volgens die Department van Gesondheid se jongste verslag is 2 255 nuwe gevalle in die laaste 24-uur aangemeld. ‘n Verdere 67 sterftes weens Covid-19-verwante komplikasies is in dieselfde tyd bevestig. Dit bring die totale dodetal op […]Read More

Onverwagse hael in Bloemfontein Vrydagaand

‘n Onverwagse haelbui het Vrydagaand in Bloemfontein neergeval. Netwerk24 berig dat Dewald Pottas het in ’n stemboodskap op WhatsApp gewaarsku dat ’n hewige haelstorm in die omgewing van die N8 in die rigting van Petrusburg na Bloemfontein onderweg is. Dit was nie lank nie en die stad was besaai met haelkorrels. Afdelingshoof van die Mangaung-metro […]Read More

Ace Magashule het ontken dat hy teen President Cyril Ramaphosa

Die geskorsde ANC Sekretaris-Generaal Ace Magashule het ontken dat hy beplan om aanstaande jaar teen President Cyril Ramaphosa te staan in die party se volgende leierskapverkiesing. Volgens hom kies die ANC-takke die kandidate. Magashule is vroeër die week uit sy pos geskors nadat hy geweier het om gehoor te gee aan ‘n party-resolusie wat bepaal […]Read More

Die direkteur-generaal van die Nasionale Tesourie verseker dat genoeg geld

Die direkteur-generaal van die Nasionale Tesourie Dondo Mogajane het die Parlement verseker dat genoeg geld beskikbaar gestel gaan word om alle Suid-Afrikaners teen die coronavirus in te ent. Mogajane het aan die Staande Komitee oor Finansies gesê daar was tot dusver nog geen probleme met finansiering in verband met Covid-19 nie. Die versekering volg ‘n […]Read More

Bemanningslede van ‘n skip, wat Sondag in die Durbanse hawe

Veertien Filippynse bemanningslede van ‘n skip, wat Sondag in die Durbanse hawe van Indië afgekom het, het positief vir COVID-19 getoets. Die Nasionale Hawe-owerheid sê dit het aan die lig gekom nadat al die bemanningslede van die Eaubonne* met hulle aankoms vir die virus getoets is. Indië word op die oomblik die ergste deur die […]Read More

Nog een van die 15 verhoorafwagtende gevangenes wat op vrye

Nog een van die 15 verhoorafwagtende gevangenes wat op vrye voet was nadat hulle verlede week in Pietermaritzburg ontsnap het, is in hegtenis geneem. Talent Mncube, ‘n 19-jarige was na berigte deel van ‘n groep van 45 gevangenes wat weggekom het toe swaargewapende mans die vangwa waarin hulle van die tronk na die hof vervoer […]Read More