Gerdie Karstens

Die SAUK se bedryfshoof ontken berigte dat hy nie sy

Ian Plaatjes, die SAUK se bedryfshoof, het bewerings ontken dat hy nie sy volle kontrak van vyf jaar by die openbare uitsaaier gaan uitdien nie. Plaatjes, wat die afgelope jaar in die pos is, sê bewerings dat hy die oorblywende tydperk van sy kontrak gaan opskort en ‘n nuwe loopbaan by eMedia Holdings gaan begin […]Read More

Rusland gereed om Covid19 entstof beskikbaar te stel

Vladimir Putin, die Russiese president, het aan G20 leiers gesê dat Rusland gereed is om sy Sputnik entstof teen die Covid19-virus beskikbaar te stel aan lande wat dit nodig het. Rusland het verlede week gesê sy eerste entsof teen Covid-19 is 92 % doetreffend. Rusland se tweede enstof teen Covid-19, sal aanstaande jaar met massaproduksie […]Read More

2 646 nuwe Covid19 gevalle

Die aantal nuwe Covid19-gevalle in die land het in die jongste verslag met 2 646 toegeneem. Die Departement van Gesondheid sê nog 86 mense is weens Covid 19 oorlede, wat die totale sterftesyfer op 20 845 te staan bring. Van dié sterftes is 58 in die Oos-Kaap en 17 in die Vrystaat. Die Oos-Kaap het […]Read More

Vier Oos-Kaapse skole word ondersoek na bewerings van lyfstraf

Vier Oos-Kaapse skole word tans deur die provinsiale onderwysdepartement ondersoek na bewerings dat leerlinge met kieries en rottangs geslaan word. Netwerk24 berig dat die betrokke skole in die Amathole-Oos-onderwysdistrik is. Volgens ‘n woordvoerder van die departement, Mali Mtima, het hulle van die beweerde lyfstraf gehoor toe die leerlinge hul stilswye verbreek het en om hulp […]Read More

Onderwysers by Bloemfontein skool gyselaar gehou tydens gewapende roof.

Die graad R-gradeplegtigheid van Universitas Primêre Skool in Bloemfontein het Donderdagaand in ‘n nagmerrie ontaard toe sewe vroue in die personeelkamer gyselaar gehou is tydens ‘n gewapende roof. Volgens Neels Gunter, die skoolhoof, het onderwysers hul klaskamers gaan sluit nadat al die ouers weg is. Die verdagte het na bewering die vroue bymekaargemaak en hulle […]Read More

Agt in boeie na openbare geweld by Kaapstad skool

Agt mense is in hegtenis geneem in verband met openbare geweld tydens Vrydag se protesoptrede by die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad. Die EFF het ‘n permit bekom vir die protesoptrede. Die permit wat stipuleer dat slegs 100 mense aan die protesoptrede mag deelneem, is egter nie gehoorsaam nie en ondersteuners het in groot getalle opgedaag […]Read More

Daaglikse COVID 19 gevalle het 3000-kerf verbygesteek

Die Departement van Gesondheid het bekend gemaak dat die aantal daaglikse COVID-19-gevalle weer die drieduisend-kerf verbygesteek het.   Meer as die helfte van die gevalle is in die Oos-Kaap. Kommer neem toe dat ‘n tweede vlaag van die coronavirus die land gaan tref. Die publiek is gemaan om hul maskers te dra, sosiale afstand te […]Read More

Die bates in die premierswoning in Bloemfontein kan nie gewys

Waarnemende hoof van die Vrystaatse departement van openbare werke, Ernest Mohlahlo, het glo aan Netwerk24 gesê dat weens veiligheids- en sekuriteitsoorwegings kan bates van die premierswoning in Bloemfontein nie aan hulle gewys word nie. Duursame en besonderse antieke meubels, Persiese en ander tapyte en skilderye deur bekende Suid-Afrikaanse skilders vorm deel van die inhoud van […]Read More