Gerdie Karstens

Talle provinsies loop die naweek onder ‘n hittegolf deur

‘n Hele paar provinsies in die land gaan die volgende paar dae onder ‘n hittegolf deurloop. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku dit gaan Gauteng waarskynlik van môre af tref. Die weervoorspeller, Wayne Venter, sê die hittegolf sal tot Dinsdag voortduur en die hoëdrukstelsel sal na verwagting ook ‘n invloed hê op die weer in die […]Read More

SA registreer net 29 Covid-19 sterftes, maar 1 883 nuwe

Suid-Afrika het in die afgelope 24 uur 1,883 nuwe Covid-19 gevalle aangeteken, met 29 nuwe sterftes. Die land het tot dusver 679,716 gevalle aangemeld, met 16,938 sterftes. Die herstelkoers staan nou op 90,1-persent. Die Noord-Kaap en Limpopo is die enigste twee provinsies met minder as 20,000 gevalle. Gauteng bly die middelpunt van die pandemie met […]Read More

Twee verdagtes is in hegtenis geneem vir die moord van

Twee verdagtes is Saterdag in hegtenis geneem in verband met die moord op die Vrystaatse plaasbestuurder Brandon Horner.  Die verdagtes is deur die speurders van Senekal in Fateng tse Ntho in Paul Roux in hegtenis geneem.  Bloedgevlekte klere en skoene is gevind en sal forensiese toetse ondergaan. Die twee mans is na bewering veediewe en […]Read More

Sedibeng se munisipale bestuurder wat van korrupsie aangekla word in

Die munisipale bestuurder van die Sedibeng-munisipaliteit, Stanley Khanyile, wat van korrupsie aangekla word, is doodgeskiet. Hy is verskeie kere deur gewapende mans geskiet, terwyl hy in sy motor op die parkeerterrein van Meyersdal-plein in Alberton gewag het. Khanyile was die voormalige hoof van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling in die Oos-Kaap en was ten tye […]Read More

Numsa het ’n stakingskennisgewing van 48-uur op die bestuur van

Die nasionale metaalwerkersvakbond van Suid-Afrika, oftwel Numsa, het ’n stakingskennisgewing van 48-uur op die bestuur van die Gautrein bestel. Die vakbond het aangekondig dat sy lede vir ’n onbepaalde tyd gaan staak as daar nie aan hulle eise gehoor gegee word nie. Die protesoptrede volg na loononderhandelings tussen die vakbond en bestuur misluk het. Numsa […]Read More

Donald Trump is gisteraand in die Walter Reed Nasionale Militêre

Die Amerikaanse president Donald Trump is gisteraand in die Walter Reed Nasionale Militêre Mediese Sentrum opgeneem, nadat hy positief vir die koronavirus getoets het. Sy vrou Melania is ook positief en in isolasie by die Withuis. Die Demokrate se presidensiële kandidaat, Joe Biden, wat Dinsdag saam met Trump aan die eerste presidensiële debat deelgeneem het,  […]Read More