Gerdie Karstens

Fase 2-beurtkrag weer deur Eskom ingestel

Eskom het aangekondig dat Fase Twee beurtkrag van vier-uur vanmiddag ingestel word. Dit sal tot 10-uur vanaand duur asook more tussen 9-uur die oggend en tienuur die aand. Die kragverskaffer sê vier eenhede het laasnag en vanoggend onklaar geraak by Medupi, Duvha, Majuba en Lethabo. Die vertraging om ‘n eenheid by Medupi weer aan die […]Read More

Die Kalahari-brandtragedie het sy tiende slagoffer geëis

Die Kalahari-brandtragedie het sy tiende slagoffer geëis nadat die 36-jarige Frans Davin vanoggend in die waakeenheid van die Melomed-hospitaal oorlede is. Netwerk24 berig dat Frans se vrou, Willemien, met haar eenjarige seun Ben uit die brandende gebou gevlug het. Net sy en Ben is nou oor van die Davin-gesin met die kinders Frans-Jan en Iza […]Read More

Steenhuisen om leierskap van die DA uitgedaag

DA-leierskandidaat, Mbali Ntuli, daag die tussentydse leier, John Steenhuisen, uit om ‘n reeks van vier regstreekse demokratiese debatte op televisie te hou. Ntuli ding saam met Steenhuisen en John Moodey mee om die posisie van partyleier. Die DA is van plan om sy nasionale kongres in Oktober op virtuele wyse te hou. Ntuli sê die […]Read More

ANC wil Olly terugstem as Mangaung-burgemeester

Die ANC in die Mangaung-metro het besluit om Olly Mlamleli so gou as moontlik weer in die amp van burgemeester in te stem. Netwerk24 berig dat Mxolisi Siyonzana, speaker van die metro, bevestig het dat die regerende party gaan poog om Mlamleli terug in te stem. Dit volg nadat verskeie ANC-lede teen haar gestem het […]Read More

Hier is die bykomende regulasies vir Vlak 2

Die regulasie wat voorheen sigaretverkope verbied het, is nie meer in die regulasies nie. Daar is geen verwysing spesifiek dus meer na sigaretverkope nie. Daar is vir Vlak 2 ‘n lys van sektore soos byvoorbeeld nagklubs wat nog nie mag oop wees nie en die tabakbedryf tel nie onder die lys nie. Daar mag ook […]Read More

“Dit was die tokkelossie,” sê ANC-lede oor Olly

ANC-raadslede in die Mangaung-metro hou vol dat hulle nie die burgemeester Olly Mlamleli help uitstem het nie, maar dat dit ‘n tokkelossie se werk was. Netwerk24 berig Paseka Nompondo het aan partybase verduidelik dat nie een van die ANC se lede saam met die Vryheidsfront Plus die wantroue-mosie in Mlamleli sou steun nie en dat […]Read More

Suid-Afrika beweeg af na Vlak 2 van die inperking

President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat die land afbeweeg na Vlak 2 van die inperking. Dit tree Maandagaand 17 Augustus om middernag in werking. Dit beteken dat meeste ekonomiese bedrywighede kan weer hervat word, terwyl die verbod op die verkoop van alkohol en tabak-produkte ook opgehef word. Alle interprovinsiale reise word toegelaat, terwyl restaurante en […]Read More

Eskom beplan nie enige beurtkrag vir die naweek nie

. Die kragverskaffer se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsa, het gisteraand gesê hoewel geen beurtkrag verwag word nie, moet die publiek krag steeds spaarsamig gebruik want die stelsel bly kwesbaar en onvoorspelbaar.  Die aankondiging volg nadat Eskom die afgelope paar dae Fase 2-beurtkrag toegepas het omdat verskeie van sy bedryfseenhede onklaar geraak het. Dit is gisteraand na […]Read More

Stella Ndabeni-Abrahams moet uit haar pos verwyder moet word –

Die DA sê daar is geen twyfel nie dat die minister van Kommunikasie, Stella Ndabeni-Abrahams, uit haar pos verwyder moet word. Die party sê hy het ‘n afskrif van ‘n brief wat prokureurs namens die voorsitter van die Poskantoorraad, Tshikane Makhubele, aan die minister geskryf het oor die wetlikheid van haar besluit om Makhubele as […]Read More