Michiel Combrinck

SA se daaglikse Covid-19-sterftes onder 50 vir die eerste keer

Suid-Afrika is skynbaar besig om vordering te maak in sy stryd teen Covid-19 met die laagste aantal daaglikse sterftes in maande wat aangemeld is. ’n Totaal van 15-duisend-427 mense het reeds gesterf na nog 49 mense die afgelope 24-uur dood het. Nog een-duisend-816 nuwe gevalle is aangemeld. Gauteng het nou 214-duisend-831 gevalle, met  116-duisend-167 in […]Read More

SA regering weerspreek WGO oor die dra van maskers deur

Die regering se jongste Covid-19-reëls rakende kinders en die dra van maskers is teenstrydig met die aanbevelings deur die Wêreld-gesondheidsorganisasie. Nuwe reëls wat laat Vrydag deur die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Lindiwe Zulu, gepubliseer is, lui dat kinders tussen twee en vyf jaar oud aangemoedig moet word om maskers te dra. Die WGO raai dit […]Read More

Fikile Mbalula sinspeel op opening van SA se internasionale grense

Daar is verdere aanduidings dat Suid-Afrika binnekort na vlak een van die nasionale inperkingsregulasies gaan beweeg, na opmerkings deur die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, tydens ’n besoek aan die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg. Die minister het die lughawe se nakoming van Covid-19-regulasies ondersoek. President Cyril Ramaphosa het vroeër die week ook gesinspeel […]Read More

Bloemfonteiners sal vandag, die derde opeenvolgende dag, beurtkrag ervaar.

 Bloemfonteiners sal vandag, die derde opeenvolgende dag, beurtkrag ervaar.  Eskom sal vandag die instelling van Fase-2 beurtkrag vanaf 9-uur vanoggend voortsit tot 10-uur vanaand. Dit is ondanks dat hulle daarin kon slaag om drie opwekkingseenhede by die Duvha-, Tutuka- and Hendrina-kragstasies in Mpumalanga weer in diens kon stel. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê ‘n […]Read More

Wes-Kaapse paramedici word aangeval toe hulle op ‘n vals oproep

Die Wes-Kaapse Gesondheidsdepartement het die aanval op nog twee van sy paramedici veroordeel. Hulle het gereageer op ’n vals noodoproep uit Gugulethu in Kaapstad. Volgens berigte is die paramedici uitgestuur ná ’n noodoproep dat ’n voetganger in die gebied omgery is. Toe hulle daar aankom, is hulle egter met ’n vuurwapen gedreig en beroof. ’n […]Read More

Die SAKP vra dat Olly Mlamleli met iemand buite die

Die Suid Afrikaanse Kommunistiese Party, die SAKP, vra dat Olly Mlamleli, wat onlangs uitgestem is as burgemeester van die Mangaung metro, vervang word deur ‘n onpartydige uitvoerende burgemeester.   Netwerk 24 berig dat Bheki Stofile, provinsiale sekretaris van die SAKP en Phillip Kganyago, provinsiale woordvoerder van die party, sê dat dit iemand moet wees wat […]Read More

Suid-Afrika se koronavirus-herstelkoers styg tot 82%

Op die eerste dag van grendeltyd vlak twee is 282 Covid-19-sterftes in Suid-Afrika aangeteken. Gauteng is die swaarste getref met 89 sterfgevalle, daar was 66 in die Oos-Kaap, 57 in KwaZulu-Natal en 34 in die Wes-Kaap. Twintig mense is in Noordwes aan die siekte oorlede, 13 in die Vrystaat en drie in die Noord-Kaap. Die […]Read More

Siesta aftreeoord dankbaar vir skenkings

 Die Siësta-Aftreeoord wat in ‘n finansiele stryd gewikkel is, is dankbaar vir die mildelike bydraes deur die publiek nadat Volksblad daaroor berig het.  Volgens Hannah Geyser, bestuurder van Siësta, het Bloemfonteiners hulle omgee op verskillende wyses getoon.  Netwerk 24 berig volgens Geyser het ‘n private organisasie wat op maatskaplike sorg fokus aangekondig dat hy die […]Read More

Vyf senior amptenare van die Departement van Landbou in die

Vyf senior amptenare van die Departement van Landbou in die Vrystaat het in die streekhof in Bloemfontein verskyn op verskeie aanklagte waarby sowat R245-miljoen betrokke is.  Nadat hulle die nag agter tralies deurgebring het is hulle op borgtog van R10 000 elk vrygelaat.  Die staat beweer in die klagstaat die beweerde bedrog, korrupsie en geldwassery […]Read More

Die VF-Plus sê dienslewering in die Mangaung Metro mag nie

Netwerk24 berig volgens Dr. Elizabeth Snyman van Deventer van die VF-Plus mag dienslewering in die Mangaung Metro nie verder ly weens ANC-politiekery nie.  Sy sê in ‘n nuusverklaring dat dit duidelik is dat faksies binne die ANC bereid is om dienslewering in die metro doelbewus te saboteer om hulle eie politieke agendas te bevorder.  Gerugte […]Read More