Azapo doen ‘n beroep op streng beheermaatreëls en regulasies oor alkoholverkope en -advertensies, veral in arm gemeenskappe. Dit kom nadat president Cyril Ramaphosa tydens die ANC se manifesbekendstelling gesê het dat ontvangers van maatskaplike hulptoelae daarop geregtig is om die geld op alkohol te spandeer.
Azapo het beklemtoon dat president Ramaphosa se verklaring roekeloos en onverantwoordelik was, aangesien die land eerste in die wêreld is vir alkoholgebruik en -misbruik. Die party se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê enige leier wat behoeftige mense aanmoedig om alkohol te koop met ‘n staatsverligtingstoelae is nie geskik om te lei nie.