Die vier maande oue baba wat tydens ‘n kaping geneem is in Lingelethu-Wes, in Kaapstad, is ure later veilig gevind. Vyf gewapende mans het die baba se pa en oom se selfone geëis en het toe met die bakkie wegggejaag terwyl die baba binne was.

Volgens kapt. Frederick van Wyk, van die Wes-Kaapse polisie, is die kind verlate in Makhaza naby die Golden Arrow-bus staanplekke gevind en veilig aan sy ma terugbesorg. Volgens Van Wyk duur die ondersoek voort en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die gekaapte voertuig is ook gevind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×