Ronwen Williams, Suid-Afrika se doelwagter en kaptein het vanoggend in die Ivoorkus met ‘n briljante vertoning in die kwarteind-wedstryd van die Afrikabeker-toernooi vorendag gekom om seker te maak Bafana Bafana dring deur na die volgende rondte van die skouspel.

Bafana Bafana sal Woensdag in die halfeindrondte teen Nigerie te staan kom. Die spanne was na 120 minute steeds op 0-0 en die uitslag moes toe met skoppe van die strafkol beslis word. Williams het in die heel laaste minuut van gewone speeltyd geskitter toe hy met sy vingerpunte tot teen die dwarslat ‘n sekere doel van Kaap Verde weggestoot het.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×