Mynwerkers van Bafokeng Platinum in Rustenburg in Noordwes het onderneem om nie terug te keer werk toe totdat mynbestuur aan al hul eise voldoen nie. Die werkers moet vandag terugkeer werk toe vir die nagskof ná die Desembervakansie. Die mynwerkers eis dat mynbestuur skorsingskennisgewings terugtrek aan sommige werknemers wat betrokke was by die drie dae lange staking verlede maand. Meer as tweeduisend werkers het ‘n ondergrondse staking by die myn gehou en betoog oor werknemersaandeleskemas en pensioenfondse. Die stakende mynwerkers beskuldig ook die mynwerkersvakbond, N.U.M, daarvan dat hulle hulle uitverkoop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×