Suid-Afrika is in die middel van ‘n energiekrisis, aangesien die grootste deel van die land sukkel om elektrisiteit te bekostig.

Volgens die jongste Debt Rescue-opname maak 79 persent van die burgers staat op voorafbetaalde elektrisiteit.

Die opname het bevind dat 86 persent van huishoudings reeds gesukkel het om elektrisiteit te bekostig voor die verhoging in elektrisiteitstariewe vroeër vandeesmaand.

Gevolglik moes huishoudings besnoei op noodsaaklikhede, soos vervoer en kruideniersware, om die ligte aan te hou.

Die hoof-uitvoerende beampte van Debt Rescue, Neil Roets, sê baie huishoudings loop die gevaar van ‘n koue, donker winter.

Roets sê dit kom omdat die belasting op toegevoegde waarde gaan styg saam met die goedgekeurde elektrisiteitstarieweverhoging van 12-komma-sewe-persent.

error: Inhoud is beskerm !!