Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, sê Suid-Afrikaanse belastingbetalers het in net een boekjaar meer as R1-miljard opgedok om sukkelende munisipaliteite te help.

Sy het die onthulling tydens ʼn parlementêre antwoord gemaak.

Sy erken dat die geld gebruik is om die munisipaliteite se swak finansiële en ouditprestasies te verbeter, maar ongelukkig het baie swak gebly of selfs verder agteruitgegaan.

Die Vereniging van Plaaslike Regering (SALGA) het intussen ʼn beroep op die Nasionale Tesourie gedoen om die Grondwet en Wet op Munisipale Finansiële bestuur op hierdie munisipaliteite af te dwing.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×