Verskeie werknemers van die Mohokare-munisipaliteit het begin staak omdat hulle glo nog nie hul salarisse vir Februarie ontvang het nie.

Die munisipaliteit bedien Zastron, Rouxville en Smithfield.

Netwerk24 berig die betrokke munisipale bestuurder het navrae na die finansiële hoof verwys, wat glo bewus is van die situasie.

Die staking verhinder blykbaar sommige van die noodsaaklike dienste, en DA-raadslid Ian Riddle dring aan op antwoorde tydens die volgende raadsvergadering.

Netwerk24 berig verder dat ’n munisipale raadsvergadering op 22 Februarie ’n oortrokke fasiliteit goedgekeur het om salarisse te betaal.

Die bank moet glo nog reageer op die aansoek.

Riddle bevraagteken waarom so ’n belangrike besluit tot op die nippertjie van ’n Vrydagmiddag uitgestel is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×