Byna die helfte van Suid-Afrika se korrektiewe sentrums het ʼn gebrek aan behoorlike grensheinings.

Maroela Media berig die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, het in reaksie op ʼn vraag in die parlement onthul dat sowat R1-miljard nodig is om die omheiningstekorte by 120 tronke te takel.

Die parlementêre portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste het vandeesweek die departement skerp gekritiseer oor ʼn “oppervlakkige strategie wat nie enige wesenlike maatreëls bevat om voorvalle soos die onlangse ontsnapping van Thabo Bester, te voorkom nie”.

Berigte van ʼn ander ontsnapping – dié keer uit Pollsmoor-gevangenis vroeër die maand – het aan die lig gekom net toe die komitee vergader het, wat die dringende behoefte aan optrede benadruk.

error: Inhoud is beskerm !!