Een persoon is oorlede en nog een beseer nadat ’n bakkie vanaf die Modderrivierbrug op die N8, Sanaspospad oos van Bloemfontein geval het.
Nuusflits berig dat verskeie nooddienste op die toneel onder die brug opgedaag het.
Die beseerde insittende moes na die ambulans op die pad gedra word, terwyl die ander insittende op die toneel dood verklaar is.
Dit is onduidelik wat die ongeluk veroorsaak het.