Soos die feestyd nader kom verwag Bakwena, ‘n tolpadkonsessiehouer, besige toestande. Om verhoogde verkeersvolumes te akkommodeer, het hulle verskeie maatreëls ingestel om padveiligheid en gerief vir reisigers te verbeter.

Daar sal geen konstruksie of geslote bane op die N1N4 wees nie. Motoriste sal met kontant, kredietkaarte asook hul e-tags by tolhekke op die roete kan betaal. Kontaklose betalings sal eers  ingestel word. Om spitsverkeer te hanteer sal al die bane by die tolhekke oop en werkend wees.

Die ses motors wat deur Motus en Renault Suid-Afrika aan Bekwena oorhandig is, sal as bykomende patrollievoertuie ingespan word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×