Sommige selfoon internetdienste is in Bangladeshj opgeskort te midde van voortdurende studentebetogings.

Al Jazeera berig dat ten minste nege mense dood en meer as 500 reeds tydens die betogings beseer is. Daar word na bykans twee weke se onluste steeds geen afname getoon nie, en die geweldige botsings oor staatsdienshuurkwotas duur Voort.

Volgens die junior minister van inligtingstegnologie, Zunaid Ahmed Palak, sal die dienste wanneer die stituasie na normaal terugkeer hervat word.

Owerhede in die Comore het ook vroeer vanjaar in die naseleep van betogings teen die herverkiesing van president Azali Assoumani toegang tot die internet afgesny. ‘n Aandklokreël was ook tydens die betogings ingestel om die verspreiding van onrus te bekamp.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!