Die Departement van Binnelandse Sake werk saam met banke om slim ID-kaart- en paspoortdienste nader aan die publiek te bring.

The South African berig dertig banktakke in die land bied reeds hierdie dienste aan.

Dit help om toue by kantore van die Departement van Binnelandse Sake te verminder.

Die doel is om in elke dorp en stad toegang tot ID-dienste te gee.

Vyf groot banke – Standard Bank, FNB, Absa, Nedbank en Investec – neem aan die projek deel.

’n Nuwe ooreenkoms gee nou aan banke meer beheer oor hoe hulle betrokke is.

Burgers kan aanlyn aansoek doen en by ’n deelnemende banktak hul vingerafdrukke en dokumente afgee.

In die Vrystaat neem geen banktak tans aan die program deel nie.

Inwoners moet steeds kantore van die Departement van Binnelandse Sake besoek.

error: Inhoud is beskerm !!