Dit raak al hoe makliker vir huishoudings om sonkrag te installeer nadat FNB aansoeke vir individuele sonkraglenings geopen het wat gekoppel is aan die regering se Energy Bounce Back Loan Guarantee-skema. Die skema is vroeër vanjaar deur die Nasionale Tesourie aangekondig. Die doel van die skema is om kliënte te help om die impak van beurtkrag te versag deur hulle maklike toegang tot finansiering teen ‘n laer rentekoers te gee. Business Tech berig Standard Bank het sy persoonlike leningsaansoeke in September geaktiveer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×