Bantu Holomisa het ‘n beroep op die Verkiesingskommissie gedoen om sy sperdatum vir kandidatelyste tot môre uit te stel

Die UDM-leier, Bantu Holomisa het ‘n beroep op die Verkiesingskommissie gedoen om sy sperdatum vir wat vir politieke partye geleentheid gee om hulle kandidatelyste vir die plaaslike regeringsverkiesing in te dien, tot môre uit te stel. Volgens Holomisa sukkel hulle om toegang te kry tot die kommissie se aanlyn-portaal om hulle kandidatelys in te dien. Die spertyd is reeds van vyfuur vanmiddag tot nege-uur vanaand uitgestel. Al die partye wat op 27 Oktober aan die munisipale verkiesing wil deelneem, se lyste moet teen vanaand by die kommissie ingedien wees. Hulle moet ook hul deposito’s betaal om aan die verkiesing deel te neem..

Luister na potgooie hieronder