Barry Claasen-aanvallers se verhoor is uitgestel tot Augustus

Die verhoor van die ses mans wat oudredakteur van die SAUK, Barry Claasen, verlede jaar in sy meenthuis in Bloemfontein oorval en beroof het, is Vrydag tot Augustus toe uitgestel.

Netwerk24 berig streeklanddros Rasheed Matthews het die verhoor van Samora Khabane, Angelo Maasdorp, Lorenzo Kurrama, Fabian Belkman, Lorrick Dokter en Mpho Ramontseng vir pleit en verhoor uitgestel.

Die mans word aangekla van roof met verswarende omstandighede.

 

 

Claasen is op 29 April helder oordag in sy meenthuis aangeval. Claasen is erg aangerand. Luidens berigte is sy kop glo verskeie kere teen die plaveisel gestamp en sy aanvallers het hom probeer verwurg.

Luister na potgooie hieronder