BASA sê baie klein sake-ondernemings in die boetiekbier-sektor sal nie die verlenging van die verbod op alkoholverkope oorleef nie

 BASA sê baie klein sake-ondernemings in die boetiekbier-sektor sal nie die verlenging van die verbod op alkoholverkope oorleef nie

Die Biervereniging van Suid-Afrika, oftewel BASA, sê baie klein sake-ondernemings in die boetiekbier-sektor sal nie die verlenging van die verbod op alkoholverkope oorleef nie.
President Cyril Ramaphosa het gisteraand aangekondig dat die drankverbod van krag bly.
Die bestuurshoof van Basa, Patricia Pillay sê 30% van mikrobrouerye het reeds permanent hul deure gesluit en 165 000 mense het hul werke verloor.
Pillay sê ‘n verlengde verbod op drankverkope sal baie van die oorblywende klein ondernemings vernietig.
Sy sê hulle gaan vra vir ‘n dringende vergadering met die Presidensie en verskeie Ministeries om die redes vir die verbod en die impak daarvan te bespreek.

LeandreAdmin@