Die veteraan basketbalspeler LeBron James en sy seun Bronny het Sondagaand geskiedenis gemaak.

Die twee het die eerste pa en seun in die geskiedenis van die Amerikaanse Basketbalvereniging geword om saam vir dieselfde span in dieselfde wedstryd te speel.

Dit het Sondag gebeur in ’n voorseisoenwedstryd waar die 49-jarige LeBron en 20-jarige Bronny se LA Lakers teen die Phoenix Suns te staan gekom het.

Die Suns het uiteindelik die wedstryd met 118-114 gewen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×