BATSA vra nou vir ‘n dringende ondersoek

British American Tabacco in Suid-Afrika – BATSA – sê hy is bekommerd oor ‘n nuwe IPSOS-peiling waarvolgens onwettige sigarette groot dele van die Suid-Afrikaanse mark oorgeneem het.

Volgens die peiling verkoop tot 75% van die afsetpunte in sommige provinsies onwettige sigarette en dit kom neer op belastingontduiking.

Netwerk24 berig op sy beurt dat navorsing van die Universiteit van Kaapstad tydens die tabakverbod in Julie verlede jaar het gewys 93% van rokers kon steeds sigarette in die sluikhandel koop, en dat die markaandeel van gevestigde multinasionale tabakmaatskappye soos Batsa van 74% tot net 17% getuimel het.

BATSA vra nou vir ‘n dringende ondersoek.

Luister na potgooie hieronder