Die Protea-krieketspan hoop om in die komende toetsreeks teen Indië op ‘n gepaste manier afskeid te neem van die staatmaker-kolwer, Dean Elgar. So het Temba Bavuma, kaptein van Suid-Afrika, gister tydens ‘n mediakonferensie gesê. Die eerste toets in ‘n reeks van twee begin more, Welwillendheidsdag, in Centurion. Krieket SA het Vrydag aangekondig dat Elgar besluit het om uit internasionale krieket te tree na die reeks teen Indië. Bavuma het gesê Elgar was deur die jare ‘n belangrike deel van die span. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×