Beamptes van die grensbestuursagentskap by die OR Tambo-lughawe het beslag gelê op ‘n groot besending Rohypnol, of te wel die verkragtingsmiddel, wat dikwels in drankies by kuierplekke gegooi word of tydens afspraak-verkragting gebruik word. Maroela Media berig die 8kg Rohypnol is in ‘n besending gedroogte vis versteek, het Mmemme Mogotsi, woordvoerder van die owerheid gesê. Dit was ‘n gesamentlike operasie van die grensbestuursagentskap, die Inkomstediens, doeanebeamptes en die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte-beheerraad. Die besending is in ‘n vrag op ‘n vlug uit Nigerië opgespoor. Rohypnol is ‘n skedule-6 medikasie en lei tot ‘n verlies van spierbeheer, geheueverlies, ‘n verlies aan inhibisies en selfs bewusteloosheid.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×