‘n Bedreigde Franse apie het eindelik, ná ʼn maande lange reistog, sy nuwe huis by die Nasionale Dieretuin in Pretoria gekry. Sylvester, ʼn geelwang-gibbon, het einde Mei van ‘n dieretuin in Frankryk af in Suid-Afrika aangekom. Ná die suksesvolle voltooiing van sy verpligte 30-dae kwarantyn, is hy in sy nuwe huis in die dieretuin tuisgemaak. Maroela Media berig verder Sylvester is weens sy genetiese afstamming gekies om ʼn kritieke rol in die Europese Vereniging van Diere- en Akwariums se studieprogram te speel. Tracy Rehse, direkteur van bewaring by die dieretuin, sê sy byvoeging tot die program is ʼn beduidende verwikkeling in die bewaring van bedreigde spesies. Sy voeg by hy is aan sy sorgvuldig gekose maat voorgestel, en daar is reeds belowende tekens dat hulle ‘n band gevorm het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×