Media24 het vir die eerste keer gesê hy sal “ernstige aanbiedinge” oorweeg om sy Afrikaanse dagblad – Beeld – te koop.
Volgens News24 volg die aankondiging op, wat die mediagroep beskryf het as, ‘n “formele” en “konkrete” aanbod van Capital Newspapers/Caxton om vier koerante te koop. Media24 beplan om die vier te sluit.
Die uitvoerende hoof van Media24, Ishmet Davidson, het gister gesê die groep sal ‘n aanbod oorweeg om Beeld te koop om werkverliese te minimaliseer en die dagblad lewendig te hou. Die koper sal die sowat 30 werknemers wat moontlik deur Beeld se voorgestelde sluiting aan die einde van September geraak word, moet behou.
Media24 het verlede maand ’n groot herstrukturering aangekondig wat tot 400 werksverliese kan meebring weens jare se dalende advertensies en sirkulasie.