Beeldmateriaal van ʼn Suid-Afrikaanse man wat byna ses jaar gelede in Libië, in Noord-Afrika, ontvoer is, het onlangs onverwags opgeduik.

Die beweerde ontvoeringslagoffer, Gerco van Deventer, se familie het gesê dit is groot nuus, aangesien dit bewys dat Van Deventer lewend is.

Hulle het die hoop uitgespreek om binnekort met hom herenig te word.

Die humanitêrehulp-organisasie, Gift of the Givers, spook reeds om sy vrylating werklikheid te maak.

Van Deventer is skynbaar destyds ontvoer terwyl hy as paramedikus in Libië gewerk het.

Sy vrou, Shereen, het gesê sy glo nog al die jare dat haar man leef.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×