Drie beentjies van ’n geraamte het uit ’n lokaal van die Universiteit van die Vrystaat, of UV, se skool vir geneeskunde in Bloemfontein verdwyn.
Volksblad berig die universiteit ondersoek die voorval.
Lacea Loader, UV-woordvoerder, het gesê niemand weet wat die rede is nie.
Sy het gerugte dat die gesteelde gebeendere vir moetie-doeleindes gebuit is, as bespiegeling afgemaak.
Loader het gesê die voorval is by die polisie asook ander wetstoepassings-owerhede aangemeld.
Die UV se skool vir geneeskunde het skynbaar ook self met ’n interne en eksterne ondersoek begin.
Loader het gesê die universiteit beskou die voorval in ’n ernstige lig en dat maatreëls ingestel is om die herhaling van ‘n soortgelyke voorval in die toekoms te verhoed.