Gesondheidsinspekteurs het ‘n supermark in Boshoff in die Vrystaat gesluit nadat ‘n groep mense ‘n bees op die winkel se stoep geslag het.

Netwerk24 berig ‘n inwoner, Johann Steenkamp, het in ‘n onderhoud verduidelik die bees is elders keelaf gesny en na bewering op die stoep van die Molla Viva-supermark in die hoofstraat geslag.

Steenkamp sê hy het, in die lig van die gemeenskap se ontsteltenis, probeer om die saak by die polisie aan te meld, maar hulle het glo geweier om dit te registreer.

Hoewel die Vrystaatse polisie nie op navrae oor dié bewerings gereageer het nie, het gesondheidsdienste die winkel tot verdere kennisgewing gesluit

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×