Begunstigdes sal hul SASSA toelae ná die sperdatum steeds kan ontvang.

Die sperdatum vir die oorgang van SASSA se goue kaarte na Postbank se swart kaarte is na 20 Maart 2025 geskuif.

Luidens ’n parlementsmediaverklaring Woensdag sal begunstigdes hul toelaes steeds ontvang, maar dié wat nie swart kaarte het nie, sal hul toelaes by die naaste poskantoor kan ontvang. 

LEES MEER: Postbank moet daagliks 100 000 kaarte ruil om sperdatum te haal

Die komitees het bekommernis uitgespreek oor die swak bestuur van die projek en het Postbank aangeraai om vinniger hulp te bied en mobiele kantore in landelike gebiede op te stel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×