Reddingswerkers en inwoners wat die naweek gesoek het na vermiste of lewende persone vyf dae na die aardbewing in Japan, kon hul oë nie glo toe hulle ‘n 90-jarige vrou lewend onder die puin uitgrawe nie. Nadat soveel dae verloop het, was die hoop min om oorlewendes te vind omdat die kans op oorlewing na drie dae vervaag wanneer ‘n aardbewing van 7,5 verskeie naskokke en tsoenami’s tot gevolg kan hê. AFP berig die bejaarde vrou het wonderbaarlik vir vyf dae onder die wrak van ‘n huis in die stad Suzu oorleef voordat sy gered is. Die vrou is hospitaal toe geneem waar sy duidelik op vrae gereageer het. Sy word steeds in die hospitaal behandel . Die aardbewing het reeds tot die dood van 126 mense gelei en talle word steeds vermis. Meer as 30-duisend mense word in 366 skuilings gehuisves.