Die Nasionale Seereddings-Instituut het gesê een persoon is dood in die Wes-Kaap tydens gister se storm wat reuse fratsgolwe veroorsaak het. Die NSRI het gesê golwe het ‘n bejaarde vrou van haar voete geslaan by ‘n parkeerarea langs die tuinroete. Fratsgolwe het reuse skade aan vakansiehuise en ander eiendom aan die Wes-en Suid-Kaap aangerig. Die weerdiens het Vrydag al gewaarsku dat stormsterkte suidwestewinde en golwe hoër as vyf-meter in die gebied gaan voorkom. Die NSRI het mense gemaan om versigtig te wees aangesien daar na verwagting nog fratsgolwe oppad kan wees.