‘n 72-jarige man van Koppies in die Vrystaat is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ‘n 16-jarige meisie. Die polisie provinsiale woordvoerder, Mahlomola Kareli, het aan IOL gesê die slagoffer is in in Mei 2019 gedreig en met geweld deur Piet Jantjie na die agterkant van ‘n meubelwinkel gevat, waar hy haar verkrag het. Die slagoffer se geskree is deur ‘n gemeenskapslid wat by die winkel verby geloop het gehoor, wie toe om hulp gaan soek het. Gemeenskapslede het na die toneel gehaas om die slagoffer te help en om Jantjie op die toneel te hou, terwyl hulle vir die polisie gewag het om op te daag en hom in hegtenis te neem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×