Die Ministerie van Landbou het vee-boere landwyd aangemoedig om dierebewegings so veel as moontlik te beperk, nadat bek- en klouseer (BK) in KwaZulu-Natal bevestig is.

The South African berig dat toetsuitslae die voortgesette teenwoordigheid van BK in KwaZulu-Natal bevestig.

Beeste by ‘n dipdam in Mtubatuba het positief getoets vir die siekte.

Rosestad-nuus het vroeër berig die Vrystaatse Departement van Landbou het ‘n beroep op kalmte gedoen ná die opsporing van moontlike BK-gevalle, terwyl hulle gewag het op laboratoriumuitslae vir bevestiging.

 

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×