Bekende Bloemfontein prokureur verloor weke lange stryd teen Covid-19

Die Bekende Bloemfonteinse prokureur en aktebesorger, Christo Rothmann, het sy weke lange stryd teen Covid-19 verloor.

Volgens ‘n familie vriend, Theuns Wolmarans het beide Rothmann en sy vrou Marlinda, ‘n onderwyseres van Grey College Sekondêr, na hul Kersvakansie positief getoets vir Covid-19.

Netwerk24 berig die egpaar het eers by die huis aangesterk, waarna Rothmann op 11 Januarie in die hospitaal opgeneem is en op 14 Januarie aan ‘n ventilator gekoppel is.

Rothmann is egter Woensdagoggend in die waakeenheid van die Mediclinic Bloemfontein oorlede.

Rothmann word oorleef deur sy vrou, twee seuns en skoondogter.

Sy begrafnis reëlings is nog nie bekend nie.

Luister na potgooie hieronder