Bekende Bloemfonteiner sterf aan Covid-19

 Bekende Bloemfonteiner sterf aan Covid-19

‘n Bekende Bloemfonteiner, en landwye personeelbestuurder van die Kankervereniging van Suid-Afrika, Cobus van der Walt, is Donderdagoggend aan Covid-19 dood.

Netwerk 24 berig, dat dit ook op 10 Junie, 41 jaar gelede is, dat Cobus die Operasie Smokeshell in Angola, waartydens 13 van sy makkers gesneuwel het, oorleef het.

Volgens Elna, sy vrou, en eienaar van die bekende Elna van der Walt-balletskool in die stad, was hy omring deur sy gesin tydens sy dood.

Cobus was 63 jaar oud.

LeandreAdmin@