Die bekende Love Story-akteur, Ryan O’ Neal is die naweek in die ouderdom van 82 oorlede. Sy seun Patrick O’ Neal wat die nuus bekend gemaak het, het nie gesê wat die oorsaak van sy pa se dood is nie. O’Neal het sterstatus in die sewentiger jare bereik met Love Story waarin Ali McGraw sy medespeler was. Hy het ook in What’s Up Doc en Paper Moon gespeel. Laasgenoemde was saam met sy dogter Tatum, wat in 1973 die jongste persoon geword het om ‘n Oscar te wen. O’Neal en sy latere lewensmaat, Farrah Fawcett, het die publiek vir amper twee dekades geboei en die glanspaar was gereeld in die media. Hy laat vier kinders agter.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×