Die 43-jarige Elsje Neethling wat ‘n jare lange stryd teen breinkanker gevoer het, is Saterdagaand oorlede. Haar broer is die bekende swemmer Ryk Neethling. Haar suster Jean-Marie Neethling Stander, het die nuus op Instagram bevestig. Volgens die verklaring van die familie, het Elsje tot die einde gestry maar is nou op ‘n beter plek sonder die pyn en lyding wat sy 30-jaar moes verduur. Sy was veral die afgelope twee jaar baie siek en die laaste twee maande in die intensiewe sorgeenheid van ‘n hospitaal in Hermanus. Die Neethling-familie is oud Bloemfonteiners. Elsje het vir sewe jaar as verslaggewer by Volksblad gewerk en haar vir die afgelope meer as tien-jaar in Hermanus gaan vestig. Daar het sy haar kuns talent uitgeleef en aan aangepaste branderry deelgeneem omdat haar een been verlam was. Die familie het versoek dat hul privaatheid vir die volgende paar dae gerespekteer sal word. Die familie sal later reëlings bekendmaak om Elsje se lewe te gedenk.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×