A-lys-akteurs, musikante en ander bekendes is onder die tienduisende mense wat deur vreesaanjaende veldbrande in Los Angeles geraak is.
Primedia berig die vermaaklikheidsbedryf het te midde van die chaos tot stilstand gekom. Daar is veelvuldige brande in die hoofstad wat buite beheer is, met Hollywood-geleethede wat gekanselleer is terwyl brandbestryders vlamme in orkaansterkte winde bestry. Mandy Moore, die sangeres en This Is Us-aktrise, sê op Instagram sy het saam met haar kinders en troeteldiere uit die pad van vlamme wat die Altadena-buurt “gelyk gemaak het” gevlug.
Intussen is volgende week se onthulling van die Oscar-benoemings tot 19 Januarie teruggeskuif om lede wat deur brande geraak word meer tyd te gee om vandeesweek hul stembriewe uit te bring.