Die DA is glo oorval deur bekommerde SASSA-begunstigdes wat bevrees is dat hulle nie hul toelaes sal kry nie.
Dit is omdat hul Goue Kaarte aan die einde van Februarie sal verstryk of omdat hulle nie hul besonderhede vir die Sosiale Hulpverleningstoelae (SRD) kan verifieer nie, weens die SASSA-verifikasiestelsel wat tydelik opgeskort is.
DA-woordvoerder vir sosiale ontwikkeling, Bridget Masango, sê op die DA se webtuiste hulle gaan aan die Minister vir Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, skryf en versoek dat geen Goue Kaarte verstryk voordat hulle vervang is nie.
Hulle vra ook dat verifikasiemaatreëls daargestel word om te verseker dat niemand wat dit verdien, oorgeslaan word nie.
Die DA maan SASSA-begunstigdes om van Postbank na ander betroubare banke te skuif.