Die burgerregteorganisasie AfriForum belowe om regstappe teen die regering oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) te neem.
Dit is luidens AfriForum se hoof van kultuursake, Alana Bailey, wat met SABC-nuus gepraat het.
Die wetsontwerp het ten doel om onder meer die gesag om ‘n skool se taalbeleid op te stel van die Skoolbeheerliggaam na die Basiese Onderwysdepartement te verskuif.
Bailey sê hulle is teen hierdie verskuiwing gekant.
President Cyril Ramaphosa het Vrydag die Bela, met enkele uitsonderings, onderteken. Hy het ook aangekondig dat hy openbare insette, van diegene wat wil bydra tot verskeie wysigings aan die wetsontwerp, sal toelaat