Die wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, of Bela, het ten doel om te verhoed dat taal gebruik word om sommige leerlinge by sekere skole uit te sluit. So het die adjunkminister van basiese onderwys, dr Reginah Mhaule, gister tydens ‘n vrae en antwoordsessie in die Nasionale Raad vir Provinsies gesê. Daar is diegene wat sommige skole wil beskerm asof dit hulle eie is. Die wetsontwerp het ten doel dat skoolbeheerliggame van hul magte gestroop word om die sowat 23 000 openbare skole se taal-en toelatingsbeleide te bepaal en dit na provinsiale onderwysdepartementshoofde oor te dra. Dit is vir sommige kenners ‘n berekende aanval op Afrikaanse skole. LP’s het gister gehoor dit sal nog ‘n week neem om al die skriftelike voorleggings oor die wetsonwerp te verwerk. Mhaule het gesê die regering wil nou modertaalonderrig in Afrikatale bevorder en sal nie Afrikaans uitsluit nie. Engelse kinders moet wel nie geweier word by Afrikaanse skole nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×