Politieke partye, drukgroepe en belanghebbendes is slag-gereed vir vandag se protesaksie teen die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette.
Die Nasionale Vergadering stem vanmiddag in die parlement oor dié wetgewing wat alom as die Bela-wetgewing bekend staan.
Volgens talle plaas die voorgestelde wetgewing Afrikaans in skole onder beleg, en het dit ten doel om vyandigheid teenoor die taal te kweek.
AfriForum, die Kaapse Forum, en die VF Plus is onder die groepe wat vandag voor die parlementskompleks in Kaapstad sal betoog.
Die Wetsontwerp wil onder meer hê dat besluitneming oor skole se taal- en toelatingsbeleid van beheerliggame na regeringsdepartemente oorgedra word.