Die Israeliese weermag, of IDF, het gesê hy het ‘n belangrike Hamas-vesting na ‘n tien-uur lange stryd ingeneem. Volgens die IDF het lede van die Nahal-brigade, een van die IDF se hoof-infanterie-eenhede, die sogenaamde Outpost 17 in die noorde van Gaza ingeneem. Die IDF het gesê die gevegte het bogronds en in ‘n ondergrondse roete plaasgevind wat daarop dui dat Hamas-vegters sy uitgebreide tonnelnetwerk gedurende die geveg gebruik het. Sky News berig die IDF het gesê terroriste is doodgeskiet, daar is op wapens beslag gelê en nog tonnelskagte is blootgelê. Intussen, het meer as 50 lande, die Verenigde Nasies en nie-regeringsorganisasies vandag in Parys byeengekom vir ‘n humanitêre konferensie oor Gaza. Voorstelle sal gemaak word hoe om bystand te verleen aan burgerlikes in die Gazastrook.