Die man aan die hoof van die Wagner-huursoldategroep, wat Moskou die afgelope naweek onder beleg wou plaas, is nou in ballingskap in Belarus.
Yevgeny Prigozhin, ‘n eertydse bondgenoot van die Russiese president Vladimir Putin, is volgens die BBC welkom hier.
President Alexander Loekasjenko van Belarus, het sélfs die die Wagner-huursoldate genooi om in ‘n militêre basis in Belarus te kom bly om by hulle leier aan te sluit.
Reuters berig Pole, Letland en Litaue – almal lidlande van die Noord-Atlantiese Verdragorganisasie, of Navo – is bekommerd dat die Wagner-leër se aankoms in Belarus ‘n bedreiging vir dié lande inhou.
Jens Stoltenberg, hoof van Navo, het diet egter duidelik gemaak die organisasie is slaggereed om sy bondgenote teen Rusland of teen Belarus te verdedig.
Navo het gesê hy sal élke sentimeter van sy lidland-grondgebied ten alle koste beskerm.