Belarus slyp skynbaar sy soldate se gevegsgereedheid vir moontlike toetrede tot Rusland se inval in Oekraïne wat nou reeds 293 dae gelede begin het.
Belarus, ‘n noue bondgenoot van Rusland, het luidens ‘n verklaring op kort kennisgewing ‘n inspeksie van sy troepe se gevegsgereedheid uitgevoer.
Belarus se ministerie van verdediging het vroeër vandag gesê dit is gedoen in opdrag van Belarus se president, Alexander Loekasjenko.
Dit is die jongste in ‘n reeks militêre stappe wat die vrees laat ontstaan dat Rusland in die komende maande ‘n aanval op Oekraïne vanuit Belarussiese grondgebied kan loods.
Netwerk24 berig Rusland en Belarus is formeel deel van ‘n verenigde staat, en is ekonomies en militêr baie nou verbonde.
Rusland het Belarus vir militêre oefeninge deur sy troepe gebruik kort voor sy inval in Oekraïne op 24 Februarie vanjaar.